Thursday, 8 January 2015

Verdere reel veranderings.

Daar is so paar nuwe idees wat ek net vir myself wil opskryf sodat ek nie daarvan vergeet nie. Om dinge vinniger en meer logies te laat gebeur dink ek dit sal goed wees as die beweeg en die skiet fases apart gebeur. So van nou af beweeg die aanvaller/s eerste and dan die verdediger. Daarna word die skiet fase gedoen en die aanvaller besluit waar die bespeurings toets eerste gedoen word. Die tweede verandering is gemik daarop om die probleem uit te sorteer wat deur Hein ontdek is, naamlik om totaal onderdrukte eenhede te gebruik om teikens te gaan soek vir artillerie. Van nou af moet beide die ondersteuner en die ondersteunde eenhede mekaar kan sien as die ondersteunde eenheid heeltemal onderdruk is.

Nog nuwe idees: sodra 'n eenheid dubbel onderdruk is kan dit nie meer beweeg nie, en sodra dit tripel onderdruk is gee dit oor en tel dubbel punte vir die ander span.

Daar is ook veranderings met hoe medium en swaar panser voertuie beskadiging hanteer.

Verder sal daar 'n afdeling verskyn in die nuutste reels wat verduidelik hoe om lugaanvalle en valskerm troepe te hanteer.