Tuesday, 21 October 2014

Dit is tyd dat ek begin dink aan 'n voorwoord. Daar is redelik baie wat ek sal kan sê oor die geskiedenis van krygspel, maar dit maak amper meer sin om te fokus op die huidige stand van sake en ook wat die toekoms mag inhou. Die grootste probleem wat die voorwoord moet aanspreek is die feit dat krygspel 'n nie digitale form van vermaak is in 'n era wat mense vas glo dat elektroniese speelgoed die enigste tyd verdryf is en behoort te wees. Gelukkig is daar baie inligting van oorsee wat 'n goeie aanduiding gee van die rigting wat die res van die wereld besig is om in te slaan. Maar Suid-Afrikaners is geneig om daarop aan te dring om 'n dekade agter die res van die wereld te wees. Daar is 'n lang lys van voordele wat ek uiteen kan sit waarom krygspel 'n baie sinvolle stokperdjie is. Die eerste vir my persoonlik is dat dit mens motiveer om iets self te maak met jou hande, en dit wat jy maak is gewoonlik redelik uniek, en jou eie. Ook sal ek kan uitwys dat dit 'n geweldige wye stokperdjie is met iets vir almal, alle ouderdoms groepe en dat dit nie eksklusief net vir mans is nie, maar dat daar stadig maar seker al hoe meer dames betrokke raak. Dit is egter belangrik om uit te wys dat daar nie regtig enige organisasie is om by in te skakel nie, elkeen wat besluit om met krygspel te begin moet sy / haar eie vriende intrek. Ek sal natuurlik 'n webtuiste moet begin vir my reel stel sodat mense daar met mekaar kan gesels en idees uitruil.

Friday, 3 October 2014

Ek het besluit om my reels in Afrikans te publiseer. Ek is nou maar besig om al die inligting bymekaar te kry.
Ek sal 'n standaard nommer moet kry sodra ek reg is om te publiseer by: http://www.nlsa.ac.za
Ek sal ook 'n goeie bemarking strategie moet ontwikkel.
Die heel grootste probleem met krygspel as 'n stokperdjie in SA is dat alles wat mens wil hê ingevoer moet word. Ek sal 'n plan moet maak om verby die probleem te kom. 3D printwerk is seker maar die antwoord.